In my privaat praktyk word elke individu se unieke storie in gedagte gehou, en ek benader terapie met deernis, nuuskierigheid en respek. Ek glo dat geestelike welstand, identiteit en verhoudings diep met mekaar verbind is. Saam kan ons jou gedagtes, gevoelens en verhoudingsdinamika verken om emosionele veerkragtigheid te bou, outentieke selfuitdrukking aan te moedig, betekenisvolle verbindings te koester en jou persoonlike groei te ondersteun.
My psigodinamiese benadering, stel ons in staat om onder die oppervlak te delf. Ons sal bewustheid skep van interne patrone en verhoudingsdinamika wat ontstellend kan wees en nie meer voordelig vir jou is nie.
Genesing word moontlik wanneer jy bereid is om nuwe maniere te waag om in die wêreld te wees. In ons terapeutiese verhouding poog ek om ’n veilige ruimte te skep, gevul met empatie en begrip, waar die terapieruimte ’n mikrokosmos word om te ondersoek hoe ons hierdie patrone kan verskuif.